oom abraham  jeug veeboerderyVerlede jaar het die adjunk-president van Agri SA gesê dat kommersiële boere in die nabye toekoms kan uitsterf. Hy het genome dat  die gemiddelde ouderdom van ‘n kommersiële boer in Suid Afrika is 62.

In die tussentyd het Agri SA ‘n Jongerboer Kommittee gestig waar jong boere kan aansluit. Hulle het ook ‘n Jong Boer Kommittee gestig waar jong boere kan aansluit. Hulle het ook ‘n Jong Boer kompetisie wat elke jaar plaasvind en jongboere stap weg met groot pryse.

Oom Abraham, wat meer as 20 jar se boerdery ondervinding het was gevra wat kan gedoen word om jongmense betrokke te kry by boerdery in die kommunale area. Die gemiddelde ouderdom van ‘n kommunale boer in Leliefontein Kommunale Area is 55.

Oom Abraham is van die mening dat kommunale boere ‘n groter uitdaging in die oë staar om jong mense betrokke te kry by landbou. Hy staat dat as jongmense wel by boerdery betrokke wil raak, sal hulle moet leer van die boere in die rea. Hy sê dat hulle as kommunale boere nie kan bekostig om groot pryse te gee vir jongboere, maar hy glo enige kommunale boer sal ‘n jong persoon help wat gewillig is om wel to boer.

“Daar is ‘n behoefte om jong mense betrokke te kry by die landbou bedryf want alhoewel ons nie winsgewind is nie verlig dit die finansiële druk op die gesin as jy darem ‘n paar vee van jou eie het.”

Volgens oom Abraham is “die ou gesegde dat ‘die duiwel vind werk vir ledige gedagtes’ is waar in ons gemeenskap, daar is te veel van die jongmense wat hul kosbare tyd mors op onnodige dinge… dit sou bes wees as hulle daardie tyd gebruik om te help in die landbou, selfs al is dit net om saam ons party dae te loop in die veld met die vee.”

Oom bly optmisties dat die jongmense van vandag wel die belangrikheid van veeboerdery in die area sal besef wants selfs hy het op ‘n tyd vir beter werk gaan soek buite die kommunale area.

Anngepas vanaf Makam, Volume 5 Uitgawe 1, Mei 2014.

Additional information