Moniteeringspan in die Leliefontein-area Losgelaat

Leliefontein monitoringDie inligting kan toon wat die impak van veeweiding op die vleilande is. Die vee van al die boere wat ‘n kontrak met die Biodiversiteit en Rooivleis Inisiatief (BRI) in die Leliefontein area word ook maandeliks deur heirdie moniteringspan getel.

Die span gaan elke dag uit na die vleilande en teken hulle bevindinge aan en rapporteur dit aan Heidi Niewoudt, die provinsiale koördineerder van Werk vir Vleilande, vir die analisering daarvan.

Volgens Darrel Links, het hy die implementeringsfase wat die oprigting van die strukture behels die meeste geniet. “Die nuwe aktiwiteite is baie opwindend. Dit is opwindend om die implementering te doen en jy leer baie nuwe dinge. Ons sien ook hoe van die plante wat uitgesterf het terugkeer” sê hy.

In sy opinie werk die hele proses baie goed en hy kan nie wag om te sien wat die volgende paar jaar se werksaamhede gaan opbring nie. Soos enige werk is daar maar ‘n paar struikelblokke, maar die span het maklik die klippe uit die pad gerol.

“Ons werk in alle weeromstandighede end it kan in die winter ‘n struikelblok wees” sê hy. “Die paaie is baie sleg en kan ‘n invloed op die bakkie hê en maak dit moeilik om na al die vleilande te gaan. Die pad na een van die vleilande is van so ‘n swak gehalte dat die span al op ‘n keer met ‘n donkiekar die pad moes aandurf.”

Dit wys dat die span inisiatief aan die dag kan lê end it is ‘n teken dat die span hul bes sal lewer om hul werk na die beste van hul vermoë sal doen.

Uit Die VeePos, Desember 2014

Additional information