CSA Stel BRI Koördineerder Aan

csa stel bri koordineerder aanElvene Oncke is onlangs aangestel by Conservation South Africa (CSA) as die Koördineerder vir die Biodiversiteits en Rooivleis Inisiatief (BRI)  van die  Green Economy Demonstration (NGED) te Springbok, Namakwaland.  Alhoewel Oncke op Calvinia woonagtig is, is sy 'n Namakwalander, gebore en getoë.
 
 
Voorheen het Oncke  vir verskeie Nie Regerings Organisasies (NGOs)  gewerk soos die  Surplus People Project (SPP)  as ontwikkelingswerker vir ongeveer 13 jaar waar sy  ‘n baie stimulerende werksverhouding met onderskeie opkomende boere in die Hantam, Karoo Hoogland en Kareeberg Munisipale gebiede  ervaar het.  Dit is juis hier waartydens Oncke ontdek het dat haar werksbevrediging daarin lê om met hart en siel betrokke te wees by die opheffing en vooruitgang van mense, ten einde hul lewenskwaliteit  te verbeter.  

“Ek slaan die waardes en normes van mense in plattelandse gemeenskappe hoog aan, en is vertroud met die dinamika in die platteland.” sê Oncke.  “My benadering is saam kan ons ‘n verskil maak en daarom is wedersydse respek, ‘n goeie kommunikasie verhoudinge en demokratiese bestuurstyl  vir my van kardinale  belang in enige werksomgewing.”

Die  geleentheid by CSA bied vir Oncke groot uitdagings aangesien dit ‘n nuwe veld is vir haar, maar dit vul haar  ook met soveel  genoegdoening  in die wete dat  sy  ‘n bydrae kan maak tot die bewaring en beskerming van ons kosbare erfenis . Oncke sien uit daarna om met die NGED span te werk want hulle het haar alreeds baie welkom laat voel en goed voorberei op die uitdagings wat wag.  Oncke  sien dus geweldig daarna uit om ‘n positiewe bydrae te kan lewer ten opsigte van volhoubare ontwikkeling van die gemeenskappe waar sy betrokke gaan wees en vertrou op ‘n baie goeie toekomstige werksverhouding.  

Kontak Elvince Oncke op This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. en 027 718 1565

Additional information