CSA Stel Kommunikasie Intern Aan

csa stel kommunikasie intern aanKim Meissenheimer is onlangs aangestel as die kommunikasie intern by Conservation South Africa (CSA) van die Green Economy Demonstration (NGED) te Springbok, Namakwaland. Meissenheimer in in Leliefontein woonagtigen  ‘n Namakwalander gebore en getoë.

As kind het Meissenheimer  graag stories opgemaak en het  ‘n baie aktiewe verbeelding gehad. Sy het haar hoërskool jare by Hoërskool Namakwaland in Springbok spandeer, en dit was hier waar  sy  geleer het om haar  aktiewe verbeelding te gebruik om stories te skryf. Net so het haar liefde vir skryf ontwikkel. Meissenheimer het later besluit om haar liefde vir skryf na ‘n ander vlak te neem en het  besluit om joernalisme haar loopbaan keuse te maak.

 Meissenheimer het by City Varsity studeer waar sy ‘n sertifikaat in Joernalisme bekom het. Tydens  haar opleiding  het sy  die geleentheid gekry om praktiese ervaring op te doen en het vir twee weke as ‘n intern by Radio NFM in Okiep gewerk . Hier het sy beleef om elke dag agter die skerms te werk, en ontdek hoeveel werk dit verg om aan die einde van die dag ‘n goeie produk vir die luisteraars te gee.

“Tydens my diens by Radio NFM het die stasie ook hul deel vir Mandela Dag gedoen.”  sê sy.” En dit het my geleer dat joernalisme nie net daar is vir die verskaf van inligting nie, maar dat die krag van die media ook gebruik kan word om mense se lewens te verryk.”

 Meissenheimer het  ook by die Olifantsrivier Gazette ‘n weeklange internskap gedoen waar sy  weer te doen gekry met ‘n weeklikse koerant en wat dit alles verg om vir ‘n gemeenskapkoerant te werk. Meissenheimer het ook haar opleiding as vryskut by Die Plattelander gewerk waar sy  met mense in haar gemeenskap kon werk en berig oor gebeure rondom hulle.

 “Ek sien uit na die uitdagings wat voorlê en die blink toekoms wat my nader wink.” sê Messenheimer. Die SKEP vennootskap verwelkom en wens haar alles van die beste in haar loopbaan. 

 Kontak Kim Meissenheimer op This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. en 027 718 1565.

Additional information