Kaktusse Neem die Noord-Kaap Oor

prickly pear opuntiaKaktusse is van Suid Afrika se ergste indringerplate. Dit bedreig nie net ons biodiversiteit nie, maar ook die produktiwiteit van landbougrond. Kaktus spesies het alreeds al nege van Suid Afrika se provinsies ingedring en word die meeste aangtref in die droë areas van die land.

By die NAMBAF vergardering op 29 Mei, het Travor Xivori, wie die Noord-Kaap koördineerder vir die Indringer Spesies Program by die Suid Afrikaanse Nasionale Biodiversiteits Instituut (SANBI) is, ‘n voorlegging gegee waarin hy gepraat het oor die kaktus spesies wat die Indringer Spesies Program besig is om met te werk in die Noord-Kaap.

Die Indringer Spesies Program poog om die verspreiding en uitwerking van indringer kaktusse te verminder deur dit uit te roei of te beheer. Omdat die spesies nie van Suid Afrika is nie, is daar geen natuurlike vyande vir hulle nie en niks om hul verspreiding te stop nie.

“Die plante is besonder goed aangepas om warm, dröe toestande te oorleef” het Xivori gesê. “Die moeilikheid met kaktusse is dat hulle ongelooflik vining kan groei en versprei onder die regte toestande en dat hulle digte, doringrige bosse vorm wat nie deur mense of dier ingedring kan word nie.”  

Daar is meer as 1400 kaktus spesies en hulle kom almal uit die Amerikaanse continent uit. Daar word geskat dat daar ongeveer 200 kaktus spesies in Suid Afrika ingebring is. Sommige as voer vir die diere of vir hul vruge, maar die meerderheid het in Suid Afrika beland omdat mense hulle as ornamentele tuinplante beskou.

Boere in Suid Afrika het al duisende hectare landbougrond verloor omdat dit ingeneem is deur kaktusse. Ook in nasionale parke en bewaringsgebiede het kaktusse al groot areas ingeneem. Sommigge spesies ssos turksvye (Opuntia sp.) is alreeds so wyd verspreid dat dit feitlik onmoontlik is om iets daaraan te doen.

Die meeste kaktusse kan beheer word deur hulle met sekere plantdoders te spuit, dit neem verskeie male se spuit voordat die plant vrek. ‘n Meer omgewingsvriendelike manier om kaktusse te beheer is deur biologiese beheer.

As jy van kaktusse  ontslae wil raak, moet dit nie net enige plek neergooi nie want dit sal weer groei. Skakel die Suid Afrikaanse Nasionale Biodiversiteits Instituut (SANBI) vir rrad. Die Indringer Spesies Program het mense wie spesifiek met uitheemse kaktusse werk.

Vir meer inligting kontak Travor Xivori op This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 021 799 8406 en Hayley Kaplan op This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.021 799 8405 Of stuur ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Additional information