Natuurlike Infrastruktuur ons Buffer teen Klimaats Skommelinge

ecological infrastructureAs ons van infrastruktuur praat, dink ons aan mensegemaaktestrukture soos damme, paaie, kampdrade en so meer. Maat daar is ook iets soos natuurlike insfrastruktuur en met die dreigende veranderings van klimaatverandering, waterskaartse en weiding wat al hoe meer agteruit gaan, is daar deesedae ‘n nuew focus op die natuur se eie stelsels.

Wat is natuurlike infrastruktuur eintlik? Natuurlike infrastruktuur is die natuurlike funksies wat lewe ondersteun deur ‘n network van ekosisteme. Dit is ook ‘n mondvol, maar eintlike is dit heel eenvoudig.

Natuurlike infrastruktuur is stelses in die natuur wat help met die effek van hoë temperature en vloede, wat van die nature lug en water suiwer, wat help met die voorsiening van genoeg water en vrugbare grond en dies meer.

In dieselfde trant is dit goedkoper om ‘n area met natuurlike, inheemse plantegroeie rondom dorpe te bewaar om te dien as “remme” vir afloopwater met reëns, instead daarvan om duur stormwater infrastruktuur te bou.

Vleilande is natuurlike suiweraara van water en doen die werk beter as enige watersuiweringswerke wat die mens bou en al wat dit kos is om die vleiland te bewaar in sy natuurlike staat.

In ‘n wêreld waar hierdie natuurlike infrastruktuur voorheen meestal geignoreer was en waaar ontwikkelaars nie twee keer gedink het vorodat hulle ‘n stuk veld kaal geskrap het of ‘n pad deur ‘n vleiland gebou het nie, begin stadsbeplanners en diegene wat verantwoordelik is vir infrastruktuur al hoe meer focus op die waarde van natuurlike infrastruktuur. Dit is duur om infrastruktuur te bou en dit word al hoe duurder en dit kos baie geld om infrastruktuur te onderhou.

Natuurlike infrastruktuur kan munisipaliteite, provinsies en lande nie alleen hope geld spaar nie, solank as wat dit bewaar word, is dit ook daar vit baie langer as enige menslike infrastruktuur.

Deesdae sluit ontwikkelaars die natuurlike infrastruktuur in hul ontwikkelingsplanne. Die geld wat gespaar word kan natuurlik vir baie ander noodsaaklike dienste aangewend word.

Vir meer inligting oor natuurlike infrstruktuur http://www.grasslands.org.za/document-archive

Additional information