Gamkaberg Inspireer Liefde vir Natuur by Leerders

gamkaberg inspireer liefde vir natuurEen van CapeNature se groen juewele, die Gamkaberg Natuurreservaat, word gereeld gebruik as opvoedkundige hulpmiddel om ons volgende generasie te inspirer tot groter hoogtes.

Jeanet van Eck van Stiklbaai se Laerskool Bertie Barnard, het onlangs diè skool se Landsdiens-leerders vir ‘n oggenduitstappie na hierdie reservaat geneem.

Vir Lee-Anne Botha en Elzaan van Loggerenberg, twee natuurbewaringsstudente van Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, wie tans hul practise jaar op Gamkaberg deurbring, was dit ‘n gulde geleentehid om hul teoretiese en praktiese kennis op ‘n sinvolle wyse aan leerders oor te dra.

“Ons het hulle verskiriklik geniet en die was vir ons ‘n heerlike leerskool” sê hulle. “Die kinders het geleer van die plaaslike plantegroei en hul nut, hulle het spore op die grond verken, kentekens van sekere diere geleer en hope pret gehad. Die afdeling oor fossiele was vir almal iets nuuts, en het beslis beïndru,” sê die student.

Die Kaapse bergsebra, die reservaat se vlagskip-spesie, was egter te skaam om ‘n verskyning aan hierdie griepie te maak.

Die Landsdiens-groepie beplan vir volgende jaar ‘n soortgelyke uitstappie. “Hierdie kampe is ons bydrae om die leerders bloots te stelaan die natuur en biodversiteit iets anders as wat ons daagliks ervaar.

Vir meer inligting oor CapeNature se Karooreservaate skakel 021 483 0190.

BRON: Conservation Times, June 2013, CapeNature.

Additional information