Vreemdelinge in die Vleilande

vreemdelinge in vleilandeDaar word geskat dat 7% van alle water in Suid Afrika opgesuig word deur uitheemse indringerplante. Water is een van die grootste uitdagings wat Suid Afrika in die gesig staar. Daar is al reeds min water beskikbaar en die land kan nie bekostig dat ‘n gedeelte daarvan afgestaan word aan uitheemse indringerplante nie.

Indringerplante is wêreldwyd ‘n problem en in sommige ontwikkelende lande is daar nie werklik genoeg bronne om die probleem aan te spreek nie. Die Werk vir Water program in Suid Afrika spits hulle toe op die uitwis van uitheemse plante en skep terselfdertyd werk. Oor ‘n vyf jaar periode het die program meer as 42 000 mense elke jaar van werk verskaf.

In Suid Afrika is daar 161 spesies bome en plante wat as indringerplante geklassifiseer word. Saam vorm hulle een van die grootste bedreigings vir inheemse plante en diere spesies.

Dit kos baie om uitheemse indringerplante uit te roei. Waar indringerplante ‘n gebied inneem, neem hulle die plek in van bruikbare weiding waarop vee kon wei en is dus ook ‘n bedreiging vir voedselsekuriteit. Die plante druk inheemse medisinale plante en inheemse plante wat as veldkos of boumateriaal vir mense dien uit.

Indringerplante veroorsaak die toeslik van damme en riviermonde. As indringerplante eers ‘n area ingeneem het, kan dit die plaaslike uitsterwing van baie inheemse speises wat staatgemaak het op die waterbron, uitroei.

Die uitroei van uitheemse indingerplante  hou baie voordele in. Dit verbeter die watervloei van die waterbron waar die bome voorgekom het.  As die uitheemse indringerplante verwyder is, en die vleilande begin herstel, kom die natuurlike inheemse plantegroei, wat nuttig is vir die mens en dier, uiteindelik weer terug.

In Namakwland is bome skaars, en mens heg baie waarde aan bome. Namakwaland het egter reeds ‘n lae reënval. In Namakwaland behoort indringerplante genadeloos uitgeroei te word. Almal wil graag ‘n boom plnat vir skaduwee. Bome wat inheems is toto Namakwaland en wat minder water gebruik is doringbome, rosyntjiebome, olienhout, wildevy en ghwarrie. Bome in Namakwaland wat uitgeroei behort te word is populierbome, bloekoms, peperbome, rooikrans, Port Jackson en soetdoring.

Elkeen kan help om uitheemse plante uit te roei. Trek jong saailinge met die hand uit. Groot bome se bas kan gestroop word. Kleiner bome kan afgesaag word. Sommife spesies moet ook ‘n aanwedning van gif kry. Vind uit by jou munisipaliteit of koöperasie wat die korrekte gif en aanwendingsmetodes is. Kontak jou naaste Werk vir Water projek en vind uit of hulle kan help.

Deur uitheemse indringerbome en plante uit te roei kan ons net wen. Meer water, meer weiding, minder slik in ons damme en riviere en tuistes vir ons inheemse spesies wat behoort by ons waterbronne.

BRON: Die VeePos, Mei 2013.

Additional information