ICM Kursus Lok Baie In Kus Bewaring en Ontwikkeling

icm workshopOp 1 – 2 Augustus het die Departement van Omgewings Sake (Oseane en Kus Direktoraat) ‘n twee dae lange kursus “Inleiding tot Geintegreerde Kus Bestuur” aangebied te Okiep, Noord – Kaap. Daar was 33 kursusgangers van DEA, DENC, Myn maatskappye, toer operateurs, munisipaliteite,SANBI, SANParks en lede van die Provinsiale Kus Komitee.” 

 

Die maatskappy Coastal & Environmental Services (CES) was die diensverskaffer wat deur die Departement gebruik was vir die kursus. Die hoof doelwit van die opleidings kursus was om staats amptenare van ‘n inleiding te voorsien tot die algemene beginsels en praktyke van Geintegreerde Kus Bestuur en om die deelnemers die regsraamwerk van die Geintegreerde Kus Bestuur Wet (ICM Act) te verduidelik en laat vestaan asook die implementering van relevante beleide verantwoordelik vir die bestuur van die kus omgewing. Die kursus aanbieders was Dr. Ted Avis van CES, Prof. Bruce Glavovic en Dr. Marie Parramon-Gurney.

Dag Een het gehandel oor ‘Wat is Geintegreerde Kus Bestuur  waarin ‘n oorsig en  globale perspektief onderhandek was;  Die visie,beginsels en doelwitte van die wet  van geintegreerde Kus Bestuur Wet (); en  ‘n Nuwe Bestuurs Raamwerk vir Geintegreerde Kus Bestuur.

Dag Twee het gehandel oor na-koming en toepassing van die wet, Marine en Kusbesoedeling, EIA en ICM, Riviermondings Bestuursplanne, Kus Bestuur Lyne en Geintegreerde Kus Bestuurs Planne en Programme. Tydens die kursus is ook ‘n gevalle studie behandel om die implementering en praktiese toepassing van die kursus inhoud te illustreer.

Abe Koopman, SKEP Namakwa Koordineerder het ook die kursus bywoon. Die kursus het my net weer laat besef hoe belangrik die kus vir ons lewensbestaan is en dat alles in die stryd gewerp moet word om dit te beskerm en dat ontwikkeling langs die kus verantwoordelik moet geskied.” Sê Koopman.

Additional information