Tyd om Totsiens te Sê

bye abeOp 1 Augustus 2010 het ek, Abe Koopman, begin werk by die Suid Afrikaanse Nasionale Biodiversiteit Instituut (SANBI) as die SKEP Koordineërder in die Namakwa Distrik met standplaas Springbok.

Die pos was befonds deur ‘n CEPF (Critical Ecosystem Partnership Fund) Toekenning en het gestrek tot einde Desember 2012. SANBI het egter die kontrak verleng met ‘n jaar. Dus verlaat ek die diens van SANBI op 31 Desember 2013 met die verstryking van my kontrak.

Ek wil van die geleentheid gebruik maak om my kollegas, die breë SKEP gemeenskap en almal wat my pad gekruis het in die tydperk, te bedank. Baie dankie vir die goeie samewerking, ondersteuning, raad en bystand en ook die talle vriendskaps bande wat gesmee is.

Die Sukkulente Karoo is ‘n unieke area wat my baie naby aan die hart lê en daarom sal ek steeds in die area betrokke wees en bly op een of ander manier. Dit is ook Feesseisoen. Mag die Vrede en,Vreugde van Kersfees met een en elkeen van julle almal wees. Mag die Nuwe Jaar 2014 net Voorspoed en Geluk bring aan julle almal en dat jul drome en ideale bewaarheid sal word.

Abe Koopman kan gekontak word op This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Additional information